Straling

Mense in klere wat hulle teen skadelike radiasie beskerm.

Straling (of radiasie) is energie wat in die vorm van deeltjies of elektromagnetiese golwe deur die ruimte beweeg. Die woord “straling” verwys na baie vorme van energie, soos lig, warmte, radiogolwe, mikrogolwe, X-strale, radar, ensovoorts. Straling is ook die algemene naam vir die soort energie wat deur radioaktiewe atome soos uraan en torium afgegee word. Daar word na hierdie tipe straling as ioniserende straling verwys, omdat dit genoeg energie het om elektrone te verwyder uit atome in die materiale wat dit binnedring, soos byvoorbeeld die menslike liggaam.[1][2][3]

Straling kan elektromagnetiese straling of partikelstraling wees. Laasgenoemde het betrekking op deeltjies met 'n hoë spoed wat nie meer as die grootte van 'n atoomkern is nie. Dit behels dikwels 'n aaneenlopende stroom deeltjies, maar dit kan ook seldsame individuele deeltjies, soos in die geval van kosmiese strale, met baie hoë energie behels.

Volgens kontemporêre kwantummeganiese idees is daar geen fundamentele verskil tussen straling via golwe of as deeltjies nie. Bestraling is energie-oordrag sonder direkte kontak.

  1. "The Electromagnetic Spectrum". Centers for Disease Control and Prevention. 7 Desember 2015. Besoek op 29 Augustus 2018.
  2. Kwan-Hoong Ng (20–22 Oktober 2003). "Non-Ionizing Radiations – Sources, Biological Effects, Emissions and Exposures" (PDF). Proceedings of the International Conference on Non-Ionizing Radiation at UNITEN ICNIR2003 Electromagnetic Fields and Our Health.
  3. "ICRP Publication 103 The 2007 Recommendations of the International Commission on Protection" (PDF). ICRP. Besoek op 12 Desember 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search