Stralingschemie

Stralingschemie is 'n tak van chemie wat chemiese transformasies bestudeer in materiale wat aan hoë-energie bestraling blootgestel word. Dit word dikwels as 'n tak van die fisiese chemie beskou. Dit gebruik straling as die inisieerder van chemiese reaksies, as 'n bron van energie wat die energiebalans ontwrig in stabiele stelsels. So kan chemiese reaksies aan die gang gesit word wat anders glad nie waargeneem word nie.[1]

Stralingschemie kan so as 'n jonger suster van die fotochemie beskou word, wat dieselfde met lig doen, 'n vorm van elektromagnetiese energie. In stralingschemie is dit nogtans gewoonlik ioniserende straling soos radioaktiewe straling, kosmiese straling ens. pleks van lig. [1]

Stralingschemie handel egter nie oor die chemie van radioaktiewe elemente of isotope nie. Dit is die onderwerp van die kernchemie. Stralingschemie gebruik radioaktiewe stowwe net as 'n bron van bestraling, wat altyd fisies van die bestraalde sisteem geskei genou word.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 Vitomir Markovic. "Radiation chemistry: Little known branch of science" (PDF). IAEA.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search