Stratigrafie

Strata in Salta, Argentinië

Stratigrafie is die studie van die veranderende voorkoms van die aarde. Hierdie studierigting, waarby ook die paleogeografie (die rekonstruksie van die vroeë geografie van die aarde) betrokke is, handel veral oor die relatiewe ouderdom, die opeenvolging en die oorsprong van sedimentêre gesteentes. Die verspreiding van gesteentelae en -formasies, die volgorde waarin hulle neergelê is en die vervorming waaraan dié formasies blootgestel is, word bestudeer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search