Styx (maan)

Styx   

Die Hubble-ruimteteleskoop se ontdekkingsfoto van Styx (omsirkel), met die buitenste mane se voorspelde wentelbane. Pluto en Charon is verdof relatief tot die ander mane.
Ontdekking
Ontdek deur Hubble-ruimteteleskoop
Mark R. Showalter e.a.
Datum 26 Junie 2012
Alternatiewe nameP5; S/2012 (134340) 1
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 42 656±3 km
Eksentrisiteit 0,005787±0,001144
Wentelperiode 20,16155±0,00027 d
Inklinasie 0,809±0,162 °
Satelliet van Pluto
Fisiese eienskappe
Skynmagnitude 27

Styx is ’n klein natuurlike satelliet van Pluto waarvan die ontdekking op 11 Julie 2012 aangekondig is. Dit is in Julie 2015 saam met Pluto en Charon, Pluto se grootste maan, afgeneem deur die ruimtetuig New Horizons.[1] Foto's is nog nie van die tuig afgelaai nie, maar behoort resolusies van hoër as 2 km/beeldelement te hê.

Styx is die tweede maan van Pluto af en die vyfde een wat ontdek is – ’n jaar ná Kerberos. Styx het na raming ’n deursnee van tussen 10 en 25 km en ’n wentelperiode van 20,2 dae.

  1. Cain, Fraser (2008). "Pluto's Moon Nix".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search