Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste

Die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste is een van die departemente van die Suid-Afrikaanse regering. Die departement is vir die land se gevangenisstelsel verantwoordelik. Hulle het ongeveer 34 000 personeellede in diens wat 240 tronke met 189 748 prisoniers administreer. Hierdie tronke sluit minimum-, medium-, en maksimum-sekuriteitstronke in. Die politieke hoof van die departement is die Minister van Korrektiewe Dienste. Minister Michael Masutha het die pos tot 2018 beklee. Die hoofkantoor is in die wes-blok van die Poyntons-gebou in Pretoria.[1]

  1. "Kontak ons Geargiveer 14 Februarie 2014 op Wayback Machine." Departement van Korrektiewe Dienste. Besoek op 15 September 2010. "National Department (Head Office) Physical Address: 124 Church Street Cnr Shubart Str Poyntons Building (West Block) Pretoria"

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search