Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag
Vlag van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag
Vlag van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag
Vlag van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag
Gestig 1994
Land Suid-Afrika
Organisasie
Tipe Weermag
Hoofkwartier Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika
Aantal lede
  • 67 373 aktiewe personeel
  • 15 107 reserwe personeel[1]

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is die amptelike krygsmag van Suid-Afrika. Dit het in 1994 tot stand gekom as opvolger van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW). Dit sluit personeel en toerusting van die SAW en voormalige tuislande in, asook personeel van voormalige guerrilla-magte van sekere politieke partye soos die ANC se Umkhonto we Sizwe, die PAC se APLA en die beskermingseenhede van die IFP.[2]

  1. (en) "Suid-Afrika" (in Engels). DefenceWeb. Besoek op 7 September 2014.
  2. "Constitution of the Republic of South Africa Act 200 of 1993 (Section 224)" (in Engels). South African Government. 1993. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2013. Besoek op 23 Junie 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search