Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan

Suid-Afrika
Volle naam Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan
Bynaam/me Bafana Bafana
("Seuns Seuns" of
"gaan Seuns gaan Seuns")
Tuisveld ENB-stadion, Soweto, Johannesburg
Kapasiteit 53 400
Afrigter Vlag van België Hugo Broos
Kaptein Thulani Hlatshwayo
Liga CAF
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan of Bafana Bafana is Suid-Afrika se nasionale sokkerspan vir mans. Die span word deur die Suid-Afrikaanse Sokkerassosiasie bestuur. Hulle keer in 1992 tot die wêreldarena terug nadat hulle vir jare deur FIFA verban was. Die vroue-sokkerspan se bynaam is die Banyana-Banyana.[1]

Bafana Bafana tydens 'n opwarmingswedstryd in 2008

Die span het die 19de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in Junie 2010 aanbied nadat hulle die Konfederasiebeker suksesvol in 2009 aangebied het. Hiermee is hulle is die eerste Afrika-land wat geleentheid gegun is om die Wêreldbekertoernooi aan te bied. Bafana Bafana is egter in die groepfase uitgeskakel.

Die span behaal in Augustus 1996 die 16de plek op die FIFA-wêreldranglys, die hoogste posisie wat hulle beklee het. In Desember 1992 bereik hulle hul laagste plek met die 124de posisie op die wêreldranglys.

Die span word tans deur Hugo Broos afgerig.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search