Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop

Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop
Die koepelgebou van die SALT.
Die koepelgebou van die SALT.
Ander naam  SALT, Southern African Large Telescope
Sterrewag  Suid-Afrikaanse Sterrekundige sterrewag
Tipe  Optiese teleskoop
Reflekterende teleskoop
Eerste lig  2005
Webtuiste  salt.ac.za
Ligging
Plek  Sutherland, Noord-Kaap, Suid-Afrika
Hoogte  1 798 m (5 899 vt)[1]
Koördinate  32°22′34″S 20°48′38″O / 32.37611°S 20.81056°O / -32.37611; 20.81056
Tegniese besonderhede
Deursnee  seskantige skikking van ~11,1 x ~9,8 m
Montering  45 ton se staalstruktuur
Golflengte  320–1700 nm[1]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop of SALT, is 'n nuwe teleskoop met 'n 11 meter (36 voet) spieëldeursnee en geleë naby Sutherland in in die Karoo, Suid-Afrika. Dit is in Junie 2005 voltooi en sal na verwagting die setel wees van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag.

SALT is die grootste optiese teleskoop in die suidelike halfrond. Dit sal gebruik word vir die fotografering en analisering van hemelliggame wat buite bereik is van die noordelike halfrond se teleskope, en dus nie daarmee waargeneem kan word nie. Die nuutste datum vir oorhandiging word as 31 Julie 2005 aangegee, maar die 91 saamgestelde spieëls word alreeds gekalibreer, 'n proses wat 'n paar ure in beslag kan neem.

Die koste van die projek sal na beraming 30 miljoen Amerikaanse Dollar beloop. Dit is 'n gesamentlike poging deur Duitsland, Pole, die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Nieu-Seeland.

  1. 1,0 1,1 "SALT Key Design & Performance Characteristics". South African Large Telescope website (in Engels). SAAO. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2014. Besoek op 10 Mei 2013. Telescope elevation: 1798m above mean sea level

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search