Sukkulente Karoo

Sukkulente Karoo
Ekostreek
WWF-kode AT1322
Bioom Woestyn en droë struikveld
Ekosone Afrotropiese gebied
Floraryk Capensis
Oppervlakte   102 800  km²
Beskerm %
Portaal  Portaalicoon   Biologie

Die Sukkulente Karoo[1] is ’n WWF-ekostreek wat behoort tot 'n woestynagtige bioom in Suid-Afrika en Namibië. Dit strek al met die kuslyn van Suidwes-Namibië en die Noord-Kaap in Suid-Afrika langs, waar die koue Benguelastroom dikwels mis veroorsaak. Die streek strek verder na die binneland van Suid-Afrika se Wes-Kaap. Dit word in die suide begrens deur die fynbosbioom, in die ooste deur die Nama-Karoo, met sy meer uiteenlopende temperature en wisselvallige reënval, en in die noorde deur die Namibwoestyn.

  1. Van Lill, Dawid. Sien Suid-Afrika: Visuele Feite. Human en Rousseau, Kaapstad. ISBN 978-0-624-05443-6

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search