SuperSport-park

SuperSport-park
Skare tydens 'n konsert in 2006 by die SuperSport-park

Ligging Centurion, Pretoria, Suid-Afrika
Koördinate 25°51′35.69″S 28°11′43.35″O / 25.8599139°S 28.1953750°O / -25.8599139; 28.1953750
Eienaar Noord-Transvaalse Krieketunie
Kapasiteit 22 000
Oppervlak Gras (ook graswalle vir toeskouers)
Konstruksie
Gebou 1986
Huurders
Northerns (1995–hede)
Titane (2004–hede)
Tshwane Spartans (2018–hede)

SuperSport-park, so genoem weens borgskapredes, is 'n internasionale krieketstadion in Centurion, aan die suidekant van Pretoria, Suid-Afrika.[1] Dit het voorheen "Centurion Park" geheet, en is gebou vir die Noord-Transvaalse Krieketunie nadat Bereapark in die middestad van Pretoria te beknop geraak en in onbruik geval het.

"SuperSport-park" is die tuisveld van die Titane, voorheen bekend as Noord-Transvaal. Die stadion kan 'n totaal van 22 000 toeskouers huisves. Die eerste kriekettoets hier is op 16 November 1995 teen Engeland gespeel, waartydens 'n inheemse riviervaderlandswilg aangeplant is om die geleentheid te vier. SuperSport-park is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir vyf wedstryde ingespan en tydens die Kampioenetrofee 2009 vir agt, waaronder die eindstryd.

Internasionale inligting
16 November 1995: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika t Vlag van Engeland Engeland
  • Laaste toetswedstryd:
26–30 Desember 2020: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika t Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
11 Desember 1992: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika t Vlag van Indië Indië
  • Laaste internasionale eendagwedstryd:
26 November 2021: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika t Vlag van Nederland Nederland
29 Maart 2009: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika t Vlag van Australië Australië
  • Laaste internasionale T20-wedstryd:
16 April 2021: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika t Vlag van Pakistan Pakistan
  1. (en) "SuperSport Park". ESPNcricinfo. Besoek op 12 Desember 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search