Swaan (sterrebeeld)

Swaan
Latynse naam Cygnus
Genitief Cygni
Afkorting Cyg
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 20,62h
Deklinasie 42,03º
Grootte 804 vk. grade (16de)
Kwadrant NQ4
Besonderhede
Hoofsterre 9
Helderste ster Deneb (α Cyg)
Naaste ster 61 Cyg
Sterre helderder as 3 m 4
Sterre met planete 60
Messier-voorwerpe 2
Bayer-/Flamsteed-sterre 84
Meteoorreëns Oktober-Cygniede, Kappa-Cygniede
Aangrensende sterrebeelde
Cepheus, Draak, Akkedis, Lier, Vlieënde Perd, Vos
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Cygnus, die Swaan, is 'n groot en belangrike sterrebeld wat tydens die somer op die Noordelike Halfrond sigbaar word. Dit verbeeld 'n swaan, wat van die Noordpool af suidwaarts langs die Melkweg vlieg.

Die helderste sterre van Cygnus vorm 'n groot kruis, wat ook as die "Noordelike Kruis" bekend staan. Die swaan se uitgestrekte vlerke verbeeld die dwarsbalk van die kruis, die ster Deneb (α Cygni) sy stert en die dubbelster Albireo (β Cygni) sy bek.

'n Deel van ons Melkweg word in Cygnus duidelik sigbaar as 'n helder wolk van sterre. Cygnus is selfs vir die blote oog 'n wonderlike skatkis van gekleurde sterre.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search