Swaelsuur

Eienskappe

Algemeen

Naam Swaelsuur 
IUSTC-naam Diwaterstofsulfaat 
Ander name Vitrioel-olie
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule H2SO4
Molêre massa 98.0716 [g/mol]
CAS-nommer 7664-93-9  
Voorkoms olierige kleurlose vloeistof  
Reuk reukloos [1]
Fasegedrag
Smeltpunt 10.35 °C
Kookpunt 340 °C
Digtheid 1.841 (98%) 
Mengbaarheid water
Oplosbaarheid  
Viskositeit 21mPas by 25 °C 
Dampdruk 1 torr by 145.8 °C

Suur-basis eienskappe

pKa 1ste:-3.0
2de: +2.0[2]

Veiligheid

Flitspunt -- 
LD50 oraal 2140 mg/kg (rot)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie
BYTEND GEVAARLIK

Swaelsuur (Engels:Sulfuric acid[3] of sulphuric acid[4]) is 'n baie sterk minerale bytsuur met die molekulêre formule H2SO4. Dit is 'n reuklose, kleurlose tot liggeel, viskeuse vloeistof wat oplosbaar is in water teen enige konsentrasie.[1] Dit het soms 'n donkerbruin kleur as gevolg van kleursel wat tydens die bereidingsproses bygevoeg is, om gebruikers bedag te maak op die gevaar wat die suur inhou.

Die geskiedkundige naam van hierdie suur is vitrioel-olie.[5] Swaelsuur is 'n swaar, olieagtige, kleurlose suur wat 'n vretende uitwerking op die vel en kleding het. Dit word uit swaeldioksied berei en op groot skaal in die chemiese nywerheid gebruik. Swaelsuur is een van die bekendste en belangrikste chemikalieë en die wêreldproduksie daarvan beloop ongeveer 100 miljoen ton per jaar.

By gewone druk en temperatuur is swaelsuur 'n stroperige vloeistof met 'n digtheid van ongeveer 1 840 kg/ m3 en 'n kookpunt van 611 K (338 °C). Dit is goed wateroplosbaar, hoewel daar by verdunning toegesien moet word dat die suur in 'n dun straal in die water gegiet word en nie andersom nie. In water vorm die swaelsuur hidrate wat sterk higroskopies is en as droogmiddel gebruik kan word.

Dit word byvoorbeeld vir die droging van organiese stowwe soos suiker, hout en papier gebruik. Swaelsuur kom voor in alle vulkaniese bronne, asook op plekke waar steenkool of swaelhoudende olieprodukte verbrand word.

  1. 1,0 1,1 "MSDS Iowa State U" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2012. Besoek op 20 Januarie 2016.
  2. "Tabel met Ka-waardes U. Washington" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2018. Besoek op 20 Januarie 2016.
  3. IUSTC-aanbeveling, Am. spelling
  4. Britse spelling
  5. sulfuric acid. Encyclopædia Britannica. 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search