Swartdwerg

Sterevolusie; ’n swartdwerg is regs onder te sien.

’n Swartdwerg is ’n hipotetiese steroorblyfsel wat gevorm word wanneer ’n witdwerg so koel geword het dat dit nie meer veel hitte of lig uitstraal nie. Aangesien die tyd wat nodig is dat ’n witdwerg dié toestand bereik langer as die ouderdom van die heelal (13,8 miljard jaar) is, bestaan daar na verwagting nog nie swartdwerge nie, en die temperatuur van die koelste witdwerge is een waarneembare perk op die ouderdom van die heelal.[1]

Die naam "swartdwerg" word ook soms gebruik vir bruindwerge in ’n hipotetiese laat stadium – bruindwerge is substellêre voorwerpe wat nie genoeg massa het om die kernreaksie-verbranding van waterstof vol te hou nie (minder as sowat 0,08 sonmassa).[2][3][4][5]

  1. §3, Heger, A.; Fryer, C.L.; Woosley, S.E.; Langer, N.; Hartmann, D.H. (2003). "How massive single stars end their life". Astrophysical Journal. 591 (1): 288–300. arXiv:astro-ph/0212469. Bibcode:2003ApJ...591..288H. doi:10.1086/375341. S2CID 59065632.
  2. Jameson, R. F.; Sherrington, M. R.; Giles, A.R. (Oktober 1983). "A failed search for black dwarfs as companions to nearby stars". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 205: 39–41. Bibcode:1983MNRAS.205P..39J. doi:10.1093/mnras/205.1.39P.
  3. Kumar, Shiv S. (1962). "Study of Degeneracy in Very Light Stars". Astronomical Journal. 67: 579. Bibcode:1962AJ.....67S.579K. doi:10.1086/108658.
  4. Darling, David "brown dwarf". The Encyclopedia of Astrobiology, Astronomy, and Spaceflight. David Darling. 
  5. Tarter, Jill (2014), "Brown is not a color: Introduction of the term 'Brown Dwarf'", in Joergens, Viki, 50 Years of Brown Dwarfs – From Prediction to Discovery to Forefront of Research, Astrophysics and Space Science Library, 401, Springer, pp. 19–24, doi:10.1007/978-3-319-01162-2_3, ISBN 978-3-319-01162-2, https://www.springer.com/astronomy/book/978-3-319-01161-5 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search