Sydney-opera

Sydney-opera*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die wêreldbekende Sydney-operahuis.
Ligging van Sydney-opera op 'n kaart (Australië)
Sydney-opera
Sydney-opera
Ligging van die Sydney-operahuis in Australië
Koördinate: 33°51′31″S 151°12′50″O / 33.85861°S 151.21389°O / -33.85861; 151.21389Koördinate: 33°51′31″S 151°12′50″O / 33.85861°S 151.21389°O / -33.85861; 151.21389
Lande Vlag van Australië Australië
Tipe Kultureel
Kriteria i
Verwysings 166
Streek Oseanië
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2007  (31ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Sydney-opera (Engels: Sydney Opera House) is 'n sentrum vir die uitvoerende kunste te Bennelong-punt in Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië. Die gebou is ontwerp deur die Deense argitek Jørn Utzon wat in 2003 die Pritzker-prys vir argitektuur ontvang het.[1]

Die operahuis in die aand.
Die operahuis in aanbou in 1968.

Die Operahuis is op 28 Junie 2007 tot 'n Wêrelderfenisgebied verklaar.[2] Dit is een van die wêreld se mees kenmerkende geboue en een van die bekendste sentrums vir die uitvoerende kunste ter wêreld.

Die Sydney Operahuis is op Bennelong-punt geleë in Sydney-hawe, naby aan die Sydneyhawebrug. Dit is aan die noordoostelike punt van Sydney se middestad geleë en word aan drie kante omring deur die hawe en word ook begrens deur die Koninklike Botaniese Tuine.

Die gebou huisves verskeie aparte sale. Die twee hoofsale is die Operateater en die Konsertsaal. Die Sydney Operahuis is 'n belangrike optreeplek vir verskeie ballet-, opera- en teatergroepe asook verskeie reisende groepe uit 'n verskeidenheid genres en is 'n groot trekpleister vir toerisme. Dit word bestuur deur die Sydney Opera House Trust, wat val onder die ministerie vir kuns van Nieu-Suid-Wallis.

  1. Sydney Morning Herald – berig oor die argitek se afsterwe
  2. Braithwaite, David (28 Junie 2007). "Opera House wins top status" (in Engels). The Sydney Morning Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2017. Besoek op 28 Junie 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search