Syroete

Syroete: Die roetenetwerk van Chang'an-Tianshan-Korridor*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die syroetes van Suid-Europa deur Arabië, Somalië, Egipte, Persië, Indië en Java tot by China. Die landroetes is rooi en die seeroetes blou.
Lande Vlag van Kasakstan Kasakstan, Vlag van Tadjikistan Tadjikistan, Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Tipe Kultureel
Kriteria ii, iii, iv, vi
Verwysings 1442
Streek Asië
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2014  (38ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Zarafshan-Karakum-korridor*
Unesco-wêrelderfenisterrein
Lande Vlag van Oesbekistan Oesbekistan, Vlag van Tadjikistan Tadjikistan, Vlag van Turkmenistan Turkmenistan
Tipe Kultureel
Kriteria ii, iii, v
Verwysings 1675
Streek Asië
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2023  (45ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Syroete was ’n netwerk karavaanroetes deur Sentraal-Asië, waarlangs eeue lank handel gedryf is tussen die Midde-Ooste en die gebiede om die Middellandse See aan die een kant en China en Oos-Asië aan die ander kant. Dit was van die klassieke oudheid tot die laat Middeleeue ’n belangrike verbinding tussen Oos en Wes.

Die eerste persoon wat die naam Syroete (Duits: Seidenstraße) gebruik het, was die Duitse geograaf en ontdekkingsreisiger Ferdinand von Richthofen in 1877.[1]

Die Sentraal-Asiatiese deel van die Syroete is al omstreeks 115 v.C. deur die Han-dinastie gebruik.[2] Die handel oor land het in die Middeleeue afgeneem toe seevervoer belangriker geword het.[3] Die Syroete se roetenetwerk van Chang'an-Tianshan-Korridor is in 2014 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys en die Zarafshan-Karakum-korridor in 2023.

  1. (en) Waugh, Daniel (2007) Richthofen "Silk Roads": Toward the Archeology of a Concept – The Silk Road, deel 5, nommer 1
  2. (en) Elisseeff, Vadime (2001) The Silk Roads: Highways of Culture and Commerce, UNESCO Publishing / Berghahn Books, ISBN 978-92-3-103652-1
  3. (en) The Megalithic Portal and Megalith Map: Silk Road, North China

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search