Szczecin

Szczecin
Stettin

Kaart Wapen
Vlag
 Land Pole
 Woiwodskap Wes-Pommere
 Distrik Selfregerende stad
 Koördinate 53°26′N 14°32′O / 53.433°N 14.533°O / 53.433; 14.533
 Stigting 8ste eeu
 Stadstatus 1243
 Oppervlakte:  
 - Totaal 300,55vk km
 Hoogte bo seevlak 1 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 Junie 2014) 408 105
 - Bevolkingsdigtheid 1 346,2/vk km
 - Metropolitaanse gebied 777 000
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Stadspresident Piotr Krzystek
 Amptelike Webwerf www.szczecin.pl

Szczecin (Pools: [ˈʃtʃɛtɕin] , Duits: Stettin , Sweeds: Stettin, Latyn: Stetinum, Afrikaans: Stettyn) is die hoofstad van die Poolse woiwodskap Wes-Pommere (Zachadniopomorskie). Szczecin is sowat 120 kilometer noordoos van Berlyn aan die Oderrivier se uitmonding in die Szczecin-strandmeer geleë.

Die stad met meer as 400 000 inwoners word net soos Parys deur strate gekenmerk wat vanaf die middestad radiaal uitwaarts beweeg. Ook die groot aantal parke verleen 'n besonderse atmosfeer aan Szczecin. Die heropgeboude Renaissance-kasteel, wat op 'n heuwel geleë is, is een van die belangrikste besienswaardighede in die hawestad.

Alhoewel Szczecin sowat 65 kilometer van die Oosseekus af geleë is, het hier oor die eeue 'n beduidende seehawe en een van die grootste skeepsboubedrywe ter wêreld ontwikkel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search