Tahiti

Tahiti
Tahiti is bekend vir sy strande met swart sand.
Tahiti is bekend vir sy strande met swart sand.
Geografie
Ligging Stille Oseaan
Koördinate 17°40′36″S 149°27′16″W / 17.67667°S 149.45444°W / -17.67667; -149.45444
Argipel Geselskapseilande

Oppervlakte 1 042 km²
Hoogste punt Mou'a 'Orohena, 2 241 m
Administrasie
Vlag van Frankryk Frankryk
Franse oorsese gebied Vlag van Frans-Polinesië Frans-Polinesië

Hoofstad Papeete
Grootste stad Papeete (136 777)

Demografie
Bevolking 189 517

Bevolkingsgroepe Tahitiane
Ligging van Tahiti op 'n kaart (Stille Oseaan)
Tahiti
Tahiti
Die ligging van Tahiti in die Stille Oseaan.

Tahiti (Frans: [taˌiti]) is die grootste van die Bowindse Eilande in Frans-Polinesië; dié Franse oorsese gebied[1] is deel van die Geselskapseilande in die Stille Oseaan.

Die eiland word in twee dele verdeel: die groot noordwestelike deel, Tahiti Nui, en die klein suidoostelike deel, Tahiti Iti. Die eiland is deur vulkaniese aktiwiteit gevorm en is hoog en bergagtig, met omringende koraalriwwe. Die bevolking is 183 645 (volgens die 2012-sensus),[2] die grootste van die eilande van Frans-Polinesië; dit is sowat 68,5% van die totale bevolking.[3]

Tahiti is die ekonomiese, kulturele en politieke sentrum van Frans-Polinesië. Die hoofstad, Papeete, is aan die noordweskus geleë. Die Franse oorsese gebiede se enigste internasionale lughawe is 5 km van die middestad af.

Polinesiërs het hulle tussen 300 en 800 n.C. op die eiland gevestig. Hulle maak sowat 70% van die eilandbewoners uit; die res is wit mense, Chinese en van gemengde afkoms.

Die eiland was deel van die Koninkryk Tahiti totdat dit in 1880 deur Frankryk geannekseer is en dit ’n Franse kolonie geword het. Inheemse Tahitiane is eers in 1946 toegelaat om wetlik Franse burgers te word. Frans is die enigste amptelike taal, hoewel Tahitiaans (Reo Tahiti) algemeen gepraat word.

Tahiti het skilderagtige strande met swart sand, berge en woude. Klapperbome groei aan die kus. Dit het onder meer bekend geword omdat die Franse skilder Paul Gauguin ’n paar jaar hier gewoon en gewerk het.

  1. "Les statuts de la Nouvelle-Calédonie et de la Polynésie". collectivites-locales.gouv.fr (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020.
  2. "Population des communes de Polynésie française" (in Frans). INSEE. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2018. Besoek op 13 Oktober 2013.
  3. Chart of the Island Otaheite, by Lieut. J. Cook 1769 Geargiveer 2 Augustus 2011 op Wayback Machine. National Maritime Museum. nmm.ac.uk

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search