Tallinn

Tallinn


Europese Kultuurhoofstad 2011
Euroopa kultuuripealinn 2011


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Estland Estland
 Koördinate 59°26′N 24°46′O / 59.433°N 24.767°O / 59.433; 24.767
 Oppervlakte:  
 - Totaal 159,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 9 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 453 864[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 900/vk km
 - Metropolitaanse gebied 614 561
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 6,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie –2,9 / 17,6 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 700 mm
 Burgemeester Mihhail Kõlvart
 Amptelike webwerf tallinn.ee

Tallinn (Esties: [ˈtɑlʲːinː], ; wat ook onder sy historiese naam Reval bekend staan) is die hoofstad en grootste stad van Estland (Noordoos-Europa). Die stad lê aan die Finse Golf in die noordweste van Estland, teenoor die Finse hoofstad Helsinki. Tallinn is 'n belangrike nywerheid- en kulturele sentrum en die beduidendste Estniese seehawe.

Voordat Tallinn in 1721 aan Rusland afgestaan is, was dit 'n besitting van die geestelike Duitse Swaardbroeder-ridderorde en later van die Duitse Orde (1346–1561) en Swede (1561–1710). In 1919 het dit die hoofstad van die onafhanklike Republiek Estland en was ná die inlywing by die Sowjetunie tussen 1940 en 1991 die hoofstad van die Estniese Sosialistiese Sowjetrepubliek. Ná die ontbinding van die Sowjetunie in 1991 het Tallinn weer die hoofstad van 'n onafhanklike Estniese staat geword. Naas Turku in Finland is Tallinn as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2011 aangewys.

  1. (en) andmed.stat.ee: RV0240: POPULATION BY SEX, AGE AND PLACE OF RESIDENCE, 1 JANUARY

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search