Tarkastad

Tarkastad
Die hoofstraat op Tarkastad, 2012
Die hoofstraat op Tarkastad, 2012
Tarkastad is in Oos-Kaap
Tarkastad
Tarkastad
Koördinate: 32°00′23″S 26°15′37″O / 32.00639°S 26.26028°O / -32.00639; 26.26028
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistriksmunisipaliteitChris Hani
Plaaslike MunisipaliteitEnoch Mgijima
Stigting1862
Oppervlak
 • Totaal83,5 km2 (32,2 vk. myl)
Hoogte
1 293 m (4 242 ft)
Bevolking
 • Totaal6 059
 • Digtheid73/km2 (190/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
5370
Skakelkodes045

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Die hoeksteen van Tarkastad se NG kerkgebou is op 1 Junie 1877 gelê en die gebou is op 12 Februarie 1880 ingewy.
'n Regeringsgebou in die middedorp.
Ds. P.W. Jordaan het die hoeksteen van die NG kerksaal, bekend as Ons Moedersaal, op 28 Februarie 1952 gelê. Die boumeester was F.P. van Heerden.
Ds. D.J.J. van Velden, van 1897 tot 1903 die vierde leraar van die NG gemeente Tarkastad, is tydens die Anglo-Boereoorlog verdink van pro-Republikeinse simpatieë en meer as 'n jaar lank in 'n interneringskamp aangehou.
'n Engelse kerkie op die hoek van Van Reenen- en Naudéstraat.
Die Vrymesselaarslosie op Tarkastad.
Ou geboue in die middedorp.
Dié gebou het eens Tarkastad se poskantoor gehuisves.
Nog 'n vervalle handelsgebou in die middedorp.
Soos die gebruik was al langs die roetes van die Simboliese Ossewatrek van 1938, het ook die inwoners van Tarkastad 'n stapel klippe gepak om die eeufees te gedenk. Dit staan op die perseel van die NG kerk.
Dié gebou, soos die meeste handelsgeboue in die middedorp, is erg verwaarloos.
'n Vervalle huisie op Tarkastad, een van tallose.

Tarkastad is 'n klein dorp in die provinsie Oos-Kaap, Suid-Afrika, sowat 78 km oos van Cradock en 64 km wes van Queenstown, 1 310 m bo seespieël en in die middel van 'n goeie skaapboerderygebied. 'n Takspoorlyn verbind die dorp met Bowker's Parkstasie, 4 km wes van Queenstown,[2] maar dié spoorlyn is in 1988 vir spoorverkeer gesluit en word nie meer in stand gehou nie.

  1. Som van die hoofplekke Tarkastad en Zola tydens 2011-sensus.
  2. "Southafrica.bedandbreakfasts.net". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2016. Besoek op 23 Maart 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search