Tartaros

Tartaros (Grieks: Τάρταρος, diep plek) was onder die aarde – ’n diep, somber plek, ’n put van foltering en lyding, ’n plek onder die onderwêreld. In die Gorgias skryf Plato (omstreeks 400 v.C.) dat siele ná die dood geoordeel word, en dié wat gestraf moet word, word na Tartaros gestuur. As ’n plek van straf kan dit as ’n hel beskou word. Die klassieke Hades, daarenteen, is meer soos die Ou Testament se Sjeool.

Nes ander fundamentele entiteite (soos aarde en tyd) is Tartaros ook ’n oerkrag of -god.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search