Teems

Teemsrivier
Die Teems in Londen.
Die Teems in Londen.
Die Teems in Londen.

Die stroomgebied van die Teems.

Oorsprong 51°41′40″N 02°01′47″W / 51.69444°N 2.02972°W / 51.69444; -2.02972
Teemsoorsprong, Gloucestershire (VK)
Monding 51°30′00″N 00°36′36″E / 51.50000°N 0.61000°O / 51.50000; 0.61000
Teemsmonding, Southend-on-Sea
Noordsee
Stroomgebied Engeland, Verenigde Koninkryk
Lengte 346 km (215 myl)
Oorspronghoogte 110 m (361 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 65,8 m³/s (2 324 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 12 935 km² (4 994 myl²)
Kaart van die Teemsbekken in Engeland.
Kaart van die Teemsbekken in Engeland.
Uitsig oor die Teemsrivier vanaf Richmond Hill, Suidwes-Londen
Die Teemsrivier in Isleworth, Suidwes-Londen, met die All Saintskerk in die agtergrond
Die Thames Path, 'n staproete langs die Teems, in Kew, Suidwes-Londen
Die Teemsrivier in Canary Wharf, Londen
Teemsmonding naby Southend-on-Sea in Essex

Die Teems (Engels: River Thames, dikwels net Thames; na dele van die rivierloop word - soos in Oxford - as Isis verwys) is 'n rivier wat deur suidelike Engeland vloei, asook deur Londen, om uiteindelik in die Noordsee uit te mond. Die rivier is een van die hoofwaterweë in Engeland, en mense het hulle reeds omstreeks 3000 v.C. langs sy oewers gevestig.

In die 19de eeu was die Teems een van die vuilste riviere in Europa - die besoedeling van sy water het in die somer van 1858 'n nuwe hoogtepunt bereik met die Great Stink (Groot Stank). Intussen word die Teems as een van die skoonste riviere in Europa beskou wat gereeld deur dolfyne, walvisse en ander seelewende soogdiere besoek word. Nóg 'n belangrike aanwyser vir die Teems se ekostelsel en watergehalte is die feit dat die rivier die habitat van twee spesies seeperdjies geword het.[1][2] Vandag voorsien die Teems in twee derdes van Londen se drinkwaterbehoeftes.

Die Teems vloei oor 'n afstand van 215 myl vanuit sy (omstrede) oorsprong "Thames Head" in landelike Gloucestershire deur nege graafskappe en sestien stedelike nedersettings. Daar is altesaam meer as 190 eilande of eilandjies (in Engels aits genoem) langs sy loop. Op een van hulle, Runnymede of Magna Carta Island naby Windsor-kasteel, is die Magna Carta in 1215 onderteken.

  1. The Guardian, 7 April 2008: Seahorses thriving in cleaner river Thames, scientists say. Besoek op 6 Desember 2018
  2. PBS, 10 November 2017: Two Species of Seahorses Found Living in the Thames River. Besoek op 6 Desember 2018

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search