Tempel van Artemis

’n Model van hoe die eerste Tempel van Artemis in Efese dalk daar uitgesien het, in Park Miniatürk, Istanboel, Turkye.

Die Tempel van Artemis of Artemision (Grieks: Ἀρτεμίσιον, Turks: Artemis Tapınağı), ook minder korrek bekend as die Tempel van Diana, was ’n Griekse tempel vir die godin Artemis. Dit was geleë in Efese (naby die moderne dorp Selçuk in die hedendaagse Turkye) en was een van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld. Dit is drie keer herbou voordat dit finaal in 401 n.C. verwoes is.[1] Net die fondament en stukke beelde van die laaste tempel is nog op die terrein oor.

  1. John Freely, The Western Shores of Turkey: Discovering the Aegean and Mediterranean Coasts 2004, p. 148; Clive Foss, Ephesus after antiquity: a late antique, Byzantine, and Turkish city, Cambridge University Press, 1979, pp. 86 - 89 & footnote 83.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search