Tepel

Die bors en tepel van ’n vrou.
Die tepel van ’n man.

’n Tepel is ’n verhewe stukkie weefsel aan die oppervlak van die bors. By vroue is dit waar die melk wat in die borste vervaardig word, uitkom om ’n baba te voed.[1] Die tepel word omring deur die areola, wat gewoonlik donkerder as die omringende vel is.[2] By diere word ’n tepel gewoonlik ’n speen of tiet genoem. ’n Rubbermondstuk aan ’n baba se drinkbottel word ook ’n "fopspeen" of "tiet" genoem.

By mense kan die tepels van beide mans en vroue gestimuleer word as deel van seksuele opwekking. In baie kulture word vroue se tepels geseksualiseer[3] of beskou as "seksvoorwerpe" wat aanloklikheid bepaal.[4]

  1. "nipple". Besoek op 4 Augustus 2017 – via The Free Dictionary.
  2. "nipple - Taber's Online". www.tabers.com. Besoek op 12 Augustus 2017.
  3. Todd Beer (12 Mei 2015). "Social Construction of the Body: The Nipple". sociologytoolbox.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2016. Besoek op 16 Mei 2015.
  4. Dewar, Gwen (Oktober 2012). "The sexualization of girls: Is the popular culture harming our kids?". parentingscience.com. Parenting Science.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search