Testikel

Anatomie van die manlike geslagsorgane:
1. Blaas, 2. Skaambeen, 3. Penis, 4. Swelliggaam, 5. Eikel, 6. Voorhuid, 7. Urinebuis, 8. Dikderm, 9. Rektum, 10. Saadblasie, 11. Saadleier, 12. Prostaat, 13. Cowper se klier, 14. Anus, 15. Saadleier, 16. Bytestis, 17. Testis, 18. Skrotum

’n Testikel of testis (meervoud: testikels; testes) is een van die manlike geslagskliere by diere. Dit is ook bekend as ’n saadbal of teelbal. Nes die vroulike ovaria (eierstokke) is dit deel van beide die voortplantings- en die endokriene stelsel. Die hoofdoel van die testikels is om sperma deur spermatogenese te vervaardig, asook hormone, hoofsaaklik testosteroon.

Albei dié funksies word beïnvloed deur gonadotropiese hormone wat deur die voorste deel van die pituïtêre klier in die brein afgeskei word: die LH (luteïniserende hormoon) en FSH (follikel-stimulerende hormoon).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search