Thomas Reid

Ds. Thomas Reid.

Ds. Thomas Reid (Huntly, Skotland, Mei 1800 - Colesberg, Suid-Afrika, 27 Februarie 1863) was een van die Skotse predikante wat in die loop van die 19de eeu na Suid-Afrika gekom het om die tekort aan predikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk aan te vul, goewerneur lord Charles Somerset se verengelsingbeleid uit te voer en later ook die liberale neigings in die Nederlandse teologiese seminariums teen te werk. Hy was die laaste van die groep van sewe wat stuksgewys tussen 1828 en 1836 na die Kaap gekom het en predikante soos di. James Edgar, John Pears, Alexander Welsh en Robert Shand ingesluit het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search