Tiananmen-plein

Tiananmen-plein
Tiananmen-plein, soos gesien in 1988 vanaf die Monument vir die Volkshelde.
Tiananmen-plein, soos gesien in 1988 vanaf die Monument vir die Volkshelde.
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   天安門廣場
Vereenvoudigde Chinees   天安门广场
Pinyin Tiān'ānmén Guǎngchǎng

Tiananmen-plein, of die Plein van Hemelse Vrede (letterlik "Plein van die Poort van Hemelse Vrede"), is 'n groot stadsplein in Sentraal-Beijing, China, wat genoem is na die Poort van Hemelse Vrede (Tiananmen), wat noord daarvan geleë is en dit van die Verbode Stad afsluit. Tiananmen-plein is die derde grootste stadsplein ter wêreld met ’n oppervlakte van 440 000 m2. Die plein is kultureel belangrik, aangesien talle belangrike gebeurtenisse in die Chinese geskiedenis daar plaasgevind het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search