Tibet

Hierdie artikel handel oor die geografiese gebied. Vir die outonome gewes in die Volksrepubliek China, sien Outonome Gewes Tibet.
Kultureel / histories, (uitgelig) uitgebeeld met verskillende oorvleuelende territoriale aansprake               "Groot-Tibet" soos deur Tibettaanse ballingskapgroepe opgeëis   Tibettaanse outonome streke, soos deur China beweer   Outonome Gewes Tibet, binne China Chinees-beheerde, deur Indië as deel van Aksai Chin geëis Indies-beheerde, gedeeltelik deur China as Suid-Tibet geëis Ander gebiede van die historiese Tibettaanse kultuurgebied
              "Groot-Tibet" soos deur Tibettaanse ballingskapgroepe opgeëis
  Tibettaanse outonome streke, soos deur China beweer
  Outonome Gewes Tibet, binne China
Chinees-beheerde, deur Indië as deel van Aksai Chin geëis
Indies-beheerde, gedeeltelik deur China as Suid-Tibet geëis
Ander gebiede van die historiese Tibettaanse kultuurgebied
Die vlag van Tibet tot 1959
Die wapen van Tibet tot 1959
Kaart van die Tibettaanse Ryk op sy hoogste tussen 780 en 790
Tibet
Die oranjelyn is die grens van die historiese Tibet
Die oranjelyn is die grens van die historiese Tibet
Name (taalvariante)
Vereenvoudigde Chinees   西藏
Pinyin Xīzàng
Wade-Giles Hsi1-tsang4
Kantonees Sāi-johng
Jyutping Sai1-zong6
Taiwan-Hakka Sî-tshông
Ander name བོད་ (Tibettaans)

Tibet (Tibettaans: བོད་, Bod; Chinees: 西藏, Pinyin: Xīzàng) is 'n geografiese gebied op die Hoogland van Tibet. Dit word hoofsaaklik deur Tibettane, een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") van die Volksrepubliek China, bewoon en beslaan 'n oppervlakte van 1,2 miljoen km². Die Tibettane is 'n volk met 'n eie taal, Tibettaans, en 'n eie Tibettaanse kultuur. Tibettane is veral aanhangers van twee godsdienste: Bön en Tibettaanse Boeddhisme. Van die ander etniese groepe sluit in Sjerpa, Han-Chinese en Hui-Chinese.

Tussen 1950 en 1951 het die Chinese die land, wat toe teokraties bestuur was met ’n priestergod aan die hoof van die regering, geannekseer. Voorheen het Tibet in byna algehele afsondering verkeer vanweë die ontoeganklikheid van die gebied. Die Lamaïsme ('n vorm van Boeddhisme in Tibet) het die Tibettane se hele lewe oorheers.

Ná die Xinhairewolusie en die stigting van die Republiek China het Tibet in 1912 sy onafhanklikheid van China verklaar. Die gebied van die de facto onafhanklike Tibet was in geografiese opsig amper identies aan die gebied van die huidige Outonome Gewes Tibet. Die gebied het tot die Inval van Tibet van 1950–51 deur die Volksbevrydingsleër de facto onafhanklik gebly, waarna dit opnuut by China ingelyf is. Die Chinese het probeer om die Tibettaanse kultuur heeltemal te verdring en die gebied in alle opsigte 'n Chinese provinsie te maak. Dit was, ondanks die omverwerping van byna al die tradisionele organisasies, die propaganda teen die Lamaïsme, die moderne onderwys en die moderne ekonomiese ontwikkeling op kulturele gebied onsuksesvol. Die spanning wat nog altyd tussen die twee bevolkingsgroepe bestaan, kan daarheen teruggevoer word.

Tibet is in politieke en bestuurlike opsig 'n outonome gewes van die Volksrepubliek China. Die Tibettaanse kultuurgebied omvat ook dele van die provinsies Sichuan en Qinghai. Daartoe behoort ook Ladakh en Sikkim in Indië, Bhoetan en dele van Nepal.

Die Outonome Gewes Tibet grens in die suide en weste aan Nepal, Bhoetan, Mianmar en die Indiese deelstate Jammu en Kasjmir, Himachal Pradesh, Sikkim en Arunachal Pradesh. Van noord na die ooste grens dit aan die provinsies Xinjiang ((Oos-)Turkestan), Gansu, Sichuan en Yunnan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search