Titrasie

Titrasietegniek word aan hoërskoolleerders gedemonstreer
Titrasie met 'n buret

Titrasie is 'n chemiese ontledingstegniek. Die beginsel van die stoigiometrie word gebruik om die onbekende konsentrasie van 'n gegewe molekule of ioon in 'n oplossing, die analiet, te bepaal, deur dit te laat reageer met 'n oplossing met 'n bekende konsentrasie, die titrant. Titrasie word in voorgraadse studielaboratoria, chemiese navorsingslaboratoria en tot selfs in fabrieke wat bv. voedselverwerking doen, ingespan.

Die titrant word gewoonlik drupsgewys met 'n buret bygevoeg, en die punt waarop genoeg daarvan bygevoeg is om alle analiet te laat reageer word dikwels bepaal met 'n aanduider wat van kleur verander by hierdie ekwivalensiepunt of eindpunt.[1] Maar daar is variasies op hierdie tema. Soms word bv. eers 'n oormaat titrant bygevoeg en 'n terugtitrasie uitgevoer.

Ander metodes bepaal pleks van 'n kleurverandering 'n verandering in die elektriese geleiding van die oplossing[2] of 'n verandering in die hoeveelheid hitte wat die byvoeging van 'n druppel titrant opwek.[3]

  1. "What is a titration". Purdue University. Besoek op 6 Augustus 2023.
  2. "Conductometric titrations" (PDF). Tel Aviv University.
  3. "Isothermal titration calorimetrie". Center for macromolecular interactions Harvard University.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search