Toetmoses III

Toetmoses III
Ook Thutmose, Tethmosis, ens.
Toetmoses III se standbeeld in die Luxor-museum.
Toetmoses III se standbeeld in die Luxor-museum.
Farao van die 18de Dinastie
Periode 1479-1425 v.C.
Voorganger Hatsjepsoet
Opvolger Amenhotep II
Vader Toetmoses II
Moeder Inset
Gebore 1481 v.C.
Oorlede 1425 v.C.
Toetmoses III in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
G5
E1
D40
N28
m
S40t
O49
Nebty-naam
G16
V29sw
t
M17M17ra
Z1
W19mQ3 t
N1
Goue Horus-naam
G8
S42F9
F9
D45
N28
Z3
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
ramnxpr
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
G26mss
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Toetmoses III (ook bekend as Thutmose of Tethmosis) was die sesde farao van die 18de Dinastie van Antieke Egipte.

Tydens die eerste 22 jaar van sy bewind was Toetmoses ’n medeheerser saam met sy tante en stiefma, Hatsjepsoet, wat die farao was. Hulle het gelyke status gehad[1] en hy was die hoof van haar weermag.

Ná haar dood het hy as alleenheerser die grootste Egiptiese ryk nog opgebou; hy het nie minder as 17 militêre veldtogte onderneem nie, en het van Nija in Noord-Sirië tot die Vierde Katarak (waterval) van die Nyl in Nubië verower.

Toetmoses III het amptelik byna 54 jaar lank regeer, van 24 April 1479 v.C. tot 11 Maart 1425 v.C.[2] – dit sluit die 22 jaar in dat hy medeheerser was. Tydens die laaste twee jaar van sy bewind het hy sy seun en opvolger, Amenhotep II, as sy junior medeheerser aangewys.

Die Obelisk van Toetmoses III, wat nou in Istanboel, Turkye, staan. Keiser Theodosius I van Bisantium het die obelisk in 390 in drie stukke laat sny en na die destydse Konstantinopel gebring. Net die boonste deel het bewaar gebly.
  1. Partridge, R., 2002. Fighting Pharaohs: Weapons and warfare in ancient Egypt. Manchester: Peartree. Pages: 202/203
  2. Campbell, Edward Fay Jr. The Chronology of the Amarna Letters with Special Reference to the Hypothetical Coregency of Amenophis III and Akhenaten. p.5. Baltimore, The Johns Hopkins Press, 1964.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search