Toksikologie

Toksikologie

Toksikologie is ’n dissipline wat die nadelige uitwerking van chemiese stowwe op lewende organismes bestudeer[1] en die praktyk om blootstelling aan giftige stowwe te diagnoseer en behandel. Dit oorvleuel met biologie, chemie, farmakologie en medisyne. Faktore wat chemiese giftigheid beïnvloed, sluit in die dosis, manier van blootstelling, spesie, ouderdom, geslag en omgewing. Toksikoloë is kenners op die gebied van gif en vergifting.

  1. Schrager, TF (4 Oktober 2006). "What is Toxicology". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search