Tongaans

Tongaans
lea faka-Tonga
Gepraat in: Vlag van Tonga Tonga 
Gebied: Oseanië
Totale sprekers: 180 910[1]
Taalfamilie: Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Oseanies
   Polinesies
    Tongies
     Tongaans 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Tonga Tonga
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: to
ISO 639-2: ton
ISO 639-3: ton

Tongaans (lea faka-Tonga) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Tonga vorm. Die teks van Tonga se volkslied, Ko e fasi 'o e tu'i 'o e 'Otu Tonga, is in Tongaans.

Taalkundiges klassifiseer Tongaans as 'n Tongiese taal wat nou verwant aan Niuies van Niue is. Dit is ietwat minder verwant aan Oos-Polinesiese tale soos Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans asook Wes-Polinesiese tale soos Samoaans, Tokelauaans en Tuvaluaans, en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Fidjiaans.

Tongaans word deur sowat 180 910 mense gepraat.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tongan" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 13 Februarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search