Top (Arabiese kleredrag)

Arabiese mans met tops in Oman.

’n Top[1] (Arabies: ثَوْب, thawb; Engels: thawb of thobe) is ’n tradisionele, gewoonlik wit kledingstuk met sy oorsprong in Jemen. Dit word algemeen in die Arabiese wêreld, maar ook in ander lande soos Suid-Afrika, gedra en is onder verskillende name bekend soos kandoora, dishdasha en qamiis. Dit is ’n enkellengtekledingstuk, gewoonlik met lang moue, soortgelyk aan ’n kaftan. ’n Soort broek of sarong word gewoonlik daaronder gedra.

  1. (af) (en) The Cape Muslim Vernacular – ek soembain gou dot kom. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 24 Oktober 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search