Toring (skaak)

Toring in die standard Staunton-styl

'n Toring ( ) is 'n stuk in die bordspel skaak. Die toring behoort te same met die dame tot die swaar stukke wat die kragtigste stukke op die skaakbord is. Elke speler begin die spel met twee torings, een in elke hoek aan hulle eie kant.

In sommige tale het die toring 'n naam wat afgelei is van die Sanskrit woord rath ("strydwa") deur die Persiese رخ rokh (Engels: rook). In Afrikaans kan die oorsprong nog gesien word in die woord rokade, die spesiale skuif wat die koning en toring betrek. Die stuk word ook baie keer informeel 'n kasteel genoem.[1]

  1. Oxford English Dictionary 2de. uitgawe. (aanlyn weergawe, geraadpleeg 27 Jan. 2009), inskrywing vir "Castle", def. 9. ("Chess. One of the pieces, made to represent a castle; also called a ROOK."); David Hooper & Kenneth Whyld The Oxford Companion to Chess (2d uitgawe 1992), p. 344 ("In English-speaking countries non-players sometimes call it a castle...").

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search