Transistor

Verskillende soorte transistors.

'n Transistor is 'n halfgeleier elektroniese komponent wat algemeen gebruik word as seinversteker of elektronies beheerde skakelaar. Transistors het twee hoof kontakte wat 'n veranderende gelykstroom toelaat om deur die transistor te vloei. 'n Derde kontak beheer hierdie elektriese stroom, of deur 'n spanning, of deur 'n relatiewe klein stroom. Die transistor is die fundamentele boublok van rekenaar, selfone en ander moderne elektroniese stroombane.

Die transistor word gebruik in 'n verskeidenheid van digitale- en analoogfunksies, insluitende seinversterkers, skakelstroombane, spanningsreguleerders, seinmodulasie, geheueselle en ossillators. Transistors word afsonderlik of as geïntegreerde stroombane verpak. 'n Geïntegreerde stroombaan kan miljoene transistors binne 'n baie klein area huisves.

Bipolêre NPN-transistor
Bipolêre PNP-transistor

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search