Tweeling (sterrebeeld)

Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Tweeling (sterreteken).
Tweeling
Latynse naam Gemini
Genitief Geminorum
Afkorting Gem
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 7h
Deklinasie 20º
Grootte 514 vk. grade (30ste)
Kwadrant NQ2
Besonderhede
Hoofsterre 8, 17
Helderste ster Pollux (β Gem)
Naaste ster Gliese 251
Sterre helderder as 3 m 4
Sterre met planete 7
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 80
Meteoorreëns Geminids, Rho Geminids
Aangrensende sterrebeelde
Rooikat, Koetsier, Bul, Jagter, Eenhoring, Klein Hond, Kreef
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Tweeling (Latyn: Gemini) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word verbind met die tweeling Castor en Pollux in die Griekse mitologie.

Die maklikste manier om die sterrebeeld te vind is om na die twee helderste sterre, Castor en Pollux, te soek. Hulle is suid van die bekende “V”-vormige sterrepatroon in die sterrebeeld Bul en die drie sterre van die Jagter se Belt (in Suid-Afrika ook bekend as die Drie Konings).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search