US Airways

US Airways
IATA ICAO Roepteken
US AWE CACTUS
Gestig1937 (as All American Aviation)
Hoofspille
  • Charlotte/Douglas Internasionaal
  • Philadelphia Internasionaal
  • Phoenix Sky Harbor
  • Ronald Reagan Washington Nasionaal[1]
LojaliteitsprogramDividend Miles
AlliansieOneworld (affiliate)[2]
Subsidiêre
  • Piedmont Airlines
  • PSA Airlines
Vlootgrootte349 (hoofdiens), 278 (Express)
Bestemmings193
HouermaatskappyAmerican Airlines Group
SitkamerAdmirals Club
HoofkantoorTempe, Arizona, VSA[3]
SleutelpersoneRobert Isom (H.U.B.)[4]
Webwerfusairways.com

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

US Airways is 'n groot Amerikaanse lugredery wat deur die American Airlines-groep besit word. Dit bedryf 'n uitgebreide internasionale en plaaslike netwerk, met 193 bestemmings in 24 lande in Noord-Amerika, Suid-Amerika, Europa en die Midde-Ooste.[5]

Die lugredery is 'n geaffilieerde lid van Oneworld en maak gebruik van 'n vloot van 343 hoofstroom straalvliegtuie, sowel as 278 plaaslike straler en turboskroef vliegtuie wat deur die kontrak en filiaal bedryf word onder die naam US Airways Express. Die draer bedryf ook die US Airways Shuttle, 'n US Airways handelsmerk wat 'n uurlikse diens tussen Boston, New York Stad en Washington, DC verskaf. In Oktober 2013 het US Airways 32 312 mense wêreldwyd in diens gehad en bedryf 3 028 daaglikse vlugte (1 241 deur US Airways hoofdiens en 1 790 deur US Airways Express).[5]

In 1979, ná die Lugdiensdereguleringswet deurgevoer is, het Allegheny Airlines sy naam verander na US Air en gepoog om sy bedrywighede uit te brei. 'n Dekade later het dit Piedmont Airlines en Pacific South West Airlines verkry, om een van die VSA se sewe oorblywende transkontinentale nalatenskapdraers te word. In 2005 het America West Airlines 'n omgekeerde samesmelting uitgevoer, deur die verkryging van die bates en handelsmerk van die groter US Airways, terwyl die bestuurspan van America West grootliks in beheer van die saamgesmelte lugredery gebly het.

  1. Ted Reed. "US Airways Declares National Airport a Hub at Senate Hearing" (in Engels). TheStreet. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2018. Besoek op 22 Maart 2013.
  2. "US Airways to join oneworld on March 31, 2014". The Wall Street Journal (in Engels). 9 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2014.
  3. Contact Info
  4. http://www.frequentbusinesstraveler.com/2013/06/american-airlines-and-us-airways-announces-post-merger-management-team/
  5. 5,0 5,1 "About us" (in Engels). US Airways. 31 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2014. Besoek op 30 November 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search