Uluru

Uluru of Ayers Rock
Lugfoto van Uluru Lugfoto van Uluru
Ligging Noordelike Gebied, Australië
Hoogte 868[1] meter bo seevlak
Prominensie 348 m (1 142 vt)
Koördinate 25°20′42″S 131°02′10″O / 25.34500°S 131.03611°O / -25.34500; 131.03611Koördinate: 25°20′42″S 131°02′10″O / 25.34500°S 131.03611°O / -25.34500; 131.03611
Bergtipe Inselberg
Rotsouderdom 550 miljoen jaar
Ligging van Uluru of Ayers Rock op 'n kaart (Australië)
Uluru of Ayers Rock
Uluru of Ayers Rock
Uluru se ligging in Sentraal-Australië

Uluru (Pitjantjatjara: Uluṟu [ˌuːləˈruː]), ook bekend as Ayers Rock ([ˌɛərz ˈrɒk]), is 'n reusagtige rooi rots, geleë temidde van 'n sanderige vlakte naby Alice Springs in Australië se Noordelike Gebied ("Northern Territory"). Dit is die wêreld se grootste monoliet (enkele rotsblok), waarvan die kleur verander soos die son daaroor beweeg. Hierdie rotsformasie word as 'n inselberg (of eilandberg) geklassifiseer. Dit is in die Uluru-Kata Tjuta Nasionale Park geleë en toeriste stroom daarheen.[2]

Uluru is vanweë sy besondere spirituele betekenis 'n heilige plek vir Yankunytjatjara en Pitjantjatjara. Volgens oorlewering is die gebied as die eerste op aarde gedurende die sogenaamde Droomtyd deur voorvaderwesens geskep. Dit vorm vir die plaaslike inheemse bevolking, die Anangu, saam met sy omgewing 'n lewende kulturele landskap en 'n fisieke bewys vir die bestaan van die voorvaderwesens.[3]

Die monoliet is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys weens die besonderse geologie daarvan.[4] In 1997 is dit vir 'n tweede keer gelys, die keer as 'n plek van kulturele belang vir die Anangu-inboorlinge.[4] Dit is een van die min plekke ter wêreld wat twee keer gelys is.[4]

  1. (en) "Uluru, Australia". Peakbagger.com. Besoek op 31 Julie 2016.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. Red Centre: Uluru in Aboriginal culture. Besoek op 3 September 2019
  4. 4,0 4,1 4,2 "World Heritage and International Significance". Uluru and Kata Tjuta National Park (in Engels). Department of Environment, Water, Heritage and the Arts. Oktober 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2012. Besoek op 6 November 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search