Umkhonto we Sizwe

Vir die politieke party sien Umkhonto we Sizwe (politieke party)
uMkhonto we Sizwe
MK se oorlogsvlag
MK se oorlogsvlag
MK se oorlogsvlag
Gestig 1961
Ontbind 1 Augustus 1990
Land Suid-Afrika
Onderdeel van African National Congress, Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party
Tipe Paramilitêr
Kommandostruktuur Nelson Mandela, Oliver Tambo, Walter Sisulu, Joe Slovo, Lennox Lagu, Joe Modise, Chris Hani, Raymond Mhlaba, Moses Mabhida, Ronnie Kasrils
Kleur Swart, groen, goud

uMkhonto we Sizwe (afgekort: MK; Xhosa: [uˈmkʰonto we ˈsizwe], letterlik: "Spies van die Nasie") was die bewapende militêre vleuel van die African National Congress en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Die ANC en die SAKP het MK gebruik om teen die apartheidsregime van Suid-Afrika te veg. MK is in 1960 gestig met Nelson Mandela as een van die stigterslede.[1]


Die spies van 'n Zoeloekryger – simbool van die MK

Aanvanklik beperk MK sy aksies tot sabotasie, maar verander in 1961 sy taktiek na guerrilla-aanvalle in stedelike gebiede, insluitend die plant van bomme en gewapende optredes. MK word daarna deur beide die Suid-Afrikaanse regering en die Verenigde State van Amerika as 'n terroriste-organisasie geklassifiseer en verbied.[2]

MK het 30 jaar bestaan, tot die afskaffing van die apartheidsregime. Dit is nie bekend hoeveel mense deur aksies van MK om die lewe gebring of gewond is nie. Op 1 Augustus 1990 staak MK sy aktiwiteite en word in 1994 in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag opgeneem.

  1. "Manifesto of Umkhonto we Sizwe". African National Congress. 16 Desember 1961. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2006. Besoek op 30 Desember 2006.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2015. Besoek op 16 Desember 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search