Universiteit Stellenbosch

Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch Logo

Leuse:Pectora roborant cultus recti
Leuse in Afrikaans:'n Goeie opvoeding versterk die gees
Leuse in Engels:A sound education strengthens the spirit
Gestig:1866
Tipe:Openbare universiteit
Befondsing:R1,5 miljard[1]
Kanselier:Edwin Cameron
Vise-kanselier:Wim de Villiers
Rektor:Wim de Villiers
Personeel:939[2]
Studentetal:27 823
Voorgraadse studente:17 970
Nagraadse studente:9 853
Ligging:Stellenbosch, Wes-Kaap
33°55′48.27″S 18°51′53.01″O / 33.9300750°S 18.8647250°O / -33.9300750; 18.8647250
Kampus:2 voorstedelike en 2 stedelike
Kleure:     Maroen
Bynaam:Maties
Gelukbringer:Pokkel[3]
Affiliasies:AAU, ACU, CHEC, HESA, IAU
Webtuiste:sun.ac.za
J.H. Neethlinggebou
J.S. Gericke Biblioteek
Konservatorium

Die Universiteit Stellenbosch (US) is 'n Suid-Afrikaanse universiteit, geleë in die Boland streek van die Wes-Kaap.

Die instelling is in 1865 gestig as Openbare Skool, maar is in 1866 herdoop as die Stellenbossche Gymnasium. In 1874 kom die sogenaamde Arts Department van die Stellenbosch Gymnasium tot stand met 'n leerlingtal van 120, en word amptelik as Kollege verklaar in 1881.

Danksy 'n ruim skenking deur mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het, kon die inrigting onafhanklike status as universiteitsinrigting verkry. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem. Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan, van wie 22 professore en 18 lektore was.

Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig; vandag beskik die universiteit oor tien fakulteite. Duisende mense het al op Stellenbosch gestudeer en uitgegaan om 'n waardevolle bydrae in die praktyk te lewer. Op talle terreine van die samelewing speel oudstudente van Stellenbosch 'n belangrike rol. Sonder hulle sou Suid-Afrika vandag baie armer gewees het. Vandag word die Universiteit gereken onder die voorste universiteite in die suidelike halfrond en blink dit uit op die terrein van die onderrig, navorsing en gemeenskapsdiens.

  1. (en) Stellenbosch University Annual Report 2011 (PDF). University of Stellenbosch. p. 83. Besoek op 1 Junie 2014.
  2. (en) "Stellenbosch University Statistical Profile 2012" Geargiveer 28 Mei 2013 op Wayback Machine, Official Stellenbosch University Website, SU Consensus, Junie 2012
  3. (en) "Meet Pokkel the Maties mascot" Geargiveer 13 Junie 2011 op Wayback Machine, Matie News, 18 Februarie 2009

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search