Universiteit van Kaapstad

Universiteit van Kaapstad
Die Universiteit van Kaapstad

Leuse:Spes Bona
Leuse in Afrikaans:Goeie Hoop
Leuse in Engels:Good Hope
Gestig:1 Oktober 1829 (as Suid-Afrikaanse Kollege)
2 April 1918 (universiteitstatus)
Tipe:Openbare universiteit
Befondsing:R2 173,4 miljoen[1]
Kanselier:Precious Moloi-Motsepe
Personeel:1 980
Studentetal:23 500
Voorgraadse studente:15 800
Nagraadse studente:6 700
Ligging:Kaapstad, Wes-Kaap
33°57′27″S 18°27′38″O / 33.95750°S 18.46056°O / -33.95750; 18.46056
Kampus:4 voorstedelike en 2 stedelike kampusse
Kleure:               Ligblou, donkerblou en wit
Bynaam:Ikeys
Gelukbringer:Tier
Affiliasies:AAU, ACU, CHEC, HESA, IAU, WUN
Webtuiste:uct.ac.za

Die Universiteit van Kaapstad of UK (Engels: University of Cape Town of UCT) is 'n universiteit geleë in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit is die oudste universiteit in Suid-Afrika en is een van die voorste onderwys- en navorsingsinstellings in Afrika. Die universiteit het sowat 23 500 ingeskrewe studente, waarvan ongeveer 20% buitelanders is.[2] Die UK is volgens Times Higher Education die 103de beste universiteit ter wêreld en is in daardie kategorie die enigste Afrika-universiteit om onder die voorste 200 instellings wêreldwyd geplaas te word.[3] Die Financial Times het die UK se MBA-program in 2011 as die 60ste beste ter wêreld aangewys en dit as beste ter wêreld vir opvoedingsgeldwaarde benoem.[4]

  1. (en) Annual Report for the year ended 31 December 2009 (PDF). University of Cape Town. p. 33. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Julie 2012. Besoek op 1 Junie 2014.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2015. Besoek op 22 Januarie 2010.
  3. http://www.uct.ac.za/dailynews/?id=7532
  4. SA Good News - UCT MBA rated best value for money globally. Geargiveer 16 Maart 2011 op Wayback Machine 9 Februarie 2011

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search