Uranus

Hierdie artikel handel oor die planeet Uranus. Vir ander betekenisse van die naam, sien Uranus (dubbelsinnig).
Uranus   ⛢
Die planeet Uranus
Uranus, soos waargeneem deur die Voyager 2-wenteltuig op 16 Desember 1986.
Ontdekking
Ontdek deur William Herschel
Datum 13 Maart 1781
Wentelbaaneienskappe[1]
Epog J2000
Afelium 20,083 305 26 AE
Perihelium 18,375 518 63 AE
Halwe lengteas 19,229 411 95 AE
Wentelperiode 30 799,095 dae
84,323 326 jaar
42 718 Uranus-sondae[2]
Gem. omwentelingspoed 6,81 km/s[3]
Baanhelling 0,772 556° (tot ekliptika)
6,48° (tot die Son se ewenaar)[4]
Lengteligging van stygende nodus 73,989 821°
Periheliumhoek 96,541 318°
Natuurlike satelliete 27
Fisiese eienskappe
Radius by ewenaar 25 559 ± 4 km
(4,007 Aardes)
Radius na pole 24 973 ± 20 km
(3,929 Aardes)
Oppervlakte 8,115 6×109 km2[5]
(15,91 Aardes)
Volume 6,833×1013 km3[3]
Massa (8,6810 ± 0,0013)×1025 kg[6]
GM=5 793 939 ± 13 km3/s2
Gem. digtheid 1,27 g/cm3[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
8,69 m/s2[3]
Ontsnapping-
snelheid
21,3 km/s[3]
Sideriese
rotasieperiode
−0,718 33 dae
Rotasiespoed
by ewenaar
2,59 km/s
9 320 km/h
Ashelling 97,77°
Deklinasie −15,175°
0,300 (geometries)
0,51 (Bond)[3]
Oppervlak-temp.
   By 1 bar
   By 0,1 bar
mingem.maks
76 K[3]
49 K53 K
Skynmagnitude 5,9[7] tot 5,32[3]
Atmosfeer
Samestelling 83 ± 3% Waterstof

15 ± 3% Helium
2,3% Metaan

0,009%
(0,007–0,015%) Waterstofdeuteried
[8]

Uranus is die sewende planeet van die Son af. Dit is 'n gasagtige, siaankleurige ysreus. Die grootste deel van die planeet bestaan uit water, ammoniak en metaan, wat in sterrekunde "ys" of "vlugtige stowwe" genoem word.

Uranus se atmosfeer het 'n ingewikkelde struktuur met lae wolke. Dit het die laagste minimum temperatuur (van 49 K of -224 °C) van al die planete in die Sonnestelsel. Dit het 'n ashelling van 97,8° met 'n retrograde rotasietempo van 17 uur. Dit beteken sy pole kry in die 84 aardjare wat 'n omwenteling om die Son duur, sowat 42 jaar onophoudelik sonskyn en is die ander 42 jaar in volkome donkerte gehul.

Uranus het die derde grootste deursnee en vierde grootste massa van die Sonnestelsel se planete. Volgens huidige modelle is daar in sy vlugtige mantellaag 'n rotsagtige kern en die planeet word omhul deur 'n dik atmosfeer van waterstof en helium. Spoorhoeveelhede koolwaterstowwe en koolstofmonoksied, asook koolstofdioksied (wat vermoedelik van komete af kom), is in die boonste atmosfeer bespeur.

Daar is baie klimaatsverskynsels in Uranus se atmosfeer wat nie verduidelik kan word nie, soos sy windsnelhede van tot 900 km/h,[9] variasies in sy poolkap en sy onreëlmatige wolkvorming. Die planeet het ook 'n baie lae interne hitte in vergelyking met ander planete, wat ook nie verduidelik kan word nie.

Nes die ander reuseplanete, het Uranus 'n ringstelsel, mane en 'n magnetosfeer. Sy ringstelsel is uiters donker, met net sowat 2% van die inkomende lig wat weerkaats word, en dit bevat die 13 bekende binneste planete. Verder weg lê die grootste vyf mane van die planeet: Miranda, Ariel, Umbriel, Titania en Oberon. Veel verder weg is Uranus se nege onreëlmatige mane. Die planeet se magnetosfeer is hoogs asimmetries en bevat baie gelaaide deeltjies, wat die donker ringe en mane kan verduidelik.

Uranus is met die blote oog sigbaar, maar is baie dof en is eers in 1781 as 'n planeet geklassifiseer, toe dit die eerste keer deur William Herschel besigtig is. Dit is die eerste planeet wat met ’n teleskoop ontdek is en nie met die blote oog nie. Al die ander planete van dié tyd was van die antieke tye af reeds bekend. Sowat ses dekades ná sy ontdekking is eers eenstemmigheid bereik om dit na die god Uranus, een van die Griekse oergode, te noem.

Tot op hede was dit nog net een keer besoek, in 1986 toe Voyager 2 'n verbyvlug gedoen het.[10]

  1. Yeomans, Donald K. (13 Julie 2006). "HORIZONS System" (in Engels). NASA JPL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020. Besoek op 8 Augustus 2007.
  2. Seligman, Courtney. "Rotation Period and Day Length" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2019. Besoek op 13 Augustus 2009.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 3,6 3,7 Williams, Dr. David R. (31 Januarie 2005). "Uranus Fact Sheet" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2020. Besoek op 10 Augustus 2007.
  4. "The MeanPlane (Invariable plane) of the Solar System passing through the barycenter". 3 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2009. Besoek op 10 April 2009. (geprodusier met Solex 10 Geargiveer 20 Desember 2008 op Wayback Machine geskryf van Aldo Vitagliano)
  5. Munsell, Kirk (14 Mei 2007). "NASA: Solar System Exploration: Planets: Uranus: Facts & Figures" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2015. Besoek op 13 Augustus 2007.
  6. Jacobson, R.A.; Campbell, J.K.; Taylor, A.H.; Synnott, S.P. (1992). "The masses of Uranus and its major satellites from Voyager tracking data and Earth-based Uranian satellite data". The Astronomical Journal. 103 (6): 2068–2078. Bibcode:1992AJ....103.2068J. doi:10.1086/116211.
  7. Espenak, Fred (2005). "Twelve Year Planetary Ephemeris: 1995–2006". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2012. Besoek op 14 Junie 2007.
  8. Feuchtgruber, H.; Lellouch, E.; Bezard, B.; Encrenaz; De Graauw; Davis (1999). "Detection of HD in the atmospheres of Uranus and Neptune: a new determination of the D/H ratio". Astronomy and Astrophysics. 341: L17–L21. Bibcode:1999A&A...341L..17F.
  9. Sromovsky, L. A.; Fry, P. M. (Desember 2005). "Dynamics of cloud features on Uranus". Icarus. 179 (2): 459–484. arXiv:1503.03714. Bibcode:2005Icar..179..459S. doi:10.1016/j.icarus.2005.07.022.
  10. "Exploration | Uranus". NASA Solar System Exploration. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2020. Besoek op 8 Februarie 2020. Jan. 24, 1986: NASA's Voyager 2 made the first - and so far the only - visit to Uranus.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search