Ursa Major II-dwergsterrestelsel | ||||
Soort stelsel | Dwergsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Groot Beer (Ursa Major) | |||
Tipe | dSph | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 51m 30s | |||
Deklinasie | +63º 07' 48" | |||
Skynmagnitude (m) | 14,3 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 98 000 | |||
Skynbare grootte | 32′ | |||
Besonderse kenmerke | Melkwegsatelliet | |||
Ander name | UMa II | |||
Lugkoördinate | ||||
08h 51m 30s, +63° 07′ 48″ | ||||
|
Die Ursa Major II-dwergsterrestelsel of UMa II is ’n sferoïdale satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Groot Beer (Ursa Major). Dit is in 2006 ontdek in data van die Sloan- Digitale Lugopname.[1] Dit is sowat 98 000 ligjare van die Son af en beweeg in die rigting van die Son teen ’n snelheid van sowat 116 km/s.[2]
Uma II is een van die Melkweg se kleinste en dofste satellietstelsels. Dit het ’n absolute magnitude van sowat −4, wat laer is as ’n tipiese bolvormige sterreswerm en selfs sommige sterre. Dit het egter ’n massa van 5 miljoen sonmassas. Die verhouding tussen ligsterkte en massa is sowat 2 000.[2] Dié raming kan egter verkeerd wees aangesien die stelsel ’n ietwat onreëlmatige vorm het en dalk in die proses van gety-verbrokkeling is.[1]
Die sterre in Uma II is meestal ouer as 10 miljard jaar,[1] en is arm aan metale.[3] Daar vind op die oomblik geen stervorming plaas nie.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search