Uruk

Uruk
𒀕𒆠, Unugki (Sumeries)
𒌷𒀕 of 𒌷𒀔, Uruk (Akkadies)
وركاء of أوروك Warkāʼ of Auruk (Arabies)
Uruk in 2008.
Uruk in 2008.
Land Vlag van Irak Irak
Soort Nedersetting
Streek Mesopotamië
Oppervlakte 6 km2
Geskiedenis
Gestig 4de millennium v.C.
Tydperk Uruk-tydperk tot vroeë Middeleeue
Unesco-wêrelderfenisgebied
Deel van Ahwar van Suid-Irak
Kriteria Gemeng: (iii)(v)(ix)(x)
Verwysing 1481-005
Inskripsie 2016 (40ste sessie)
Beskrywing* Uruk Archaeological City
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Uruk [nota 1] was ’n antieke stad van Sumer (en later van Babilonië) wat geleë was oos van die huidige Eufraatrivier, 30 km oos van die hedendaagse Samawah in Irak.[1] Uruk is die tipeterrein van die Uruk-tydperk. Dit het ’n groot rol gespeel in die vroeë verstedeliking van Sumer in die middel 4de millennium v.C. Teen die laaste fase van die Uruk-tydperk omstreeks 3100 v.C. kon die stad 40 000 inwoners gehad het,[2] met 80 000 tot 90 000 mense wat in die omgewing gewoon het.[3] Dit maak dit die grootste stedelike gebied van dié tyd in die wêreld.

Die legendariese koning Gilgamesj het volgens die chronologie van die Sumeriese Koningslys (hierna SKL genoem) in die 27ste eeu v.C. oor Uruk regeer. Die stad het omstreeks 2000 v.C. minder belangrik geword in die lig van die stryd tussen Babilonië en Elam, maar dit was bewoon tot kort voor of ná die Islamitiese verowerings van 633-638 n.C.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found

  1. Harmansah, 2007
  2. Nissen, Hans J (2003). "Uruk and the formation of the city". In Aruz, J (red.). Art of the First Cities: The Third Millennium B.C. from the Mediterranean to the Indus. New York: Metropolitan Museum of Art. pp. 11–20. ISBN 9780300098839.
  3. Algaze, Guillermo (2013). "The end of prehistory and the Uruk period". In Crawford, Harriet (red.). The Sumerian World (PDF). London: Routledge. pp. 68–95. ISBN 9781138238633. Besoek op 26 Julie 2020.[dooie skakel]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search