VSA Krieket

VSA Krieket
Kenteken van VSA Krieket
Kenteken van VSA Krieket
Engelse naam USA Cricket
Afkorting USAC
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Sportsoort Krieket
Stigting Junie 2017 (1961)
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit in 2018
Vastelandse beheerliggaam IKR Amerikas
Voorsitter Venu Pisike
Hoof- uitvoerende beampte Noor Mohammad Murad
Setel Dallas, Texas, Verenigde State
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf usacricket.org

VSA Krieket (Engels: USA Cricket, afgekort “USAC”) is die bestuursliggaam wat krieket in die Verenigde State beheer en is in Dallas gesetel. Die beheerliggaam is in 2017 gestig en het die Amerikaanse Krieketvereniging (United States of America Cricket Association, “USACA”) vervang, wat in 1961 gestig is. Sedert 2018 verteenwoordig dit die Verenigde State by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n assosiaatlid en ook by die IKR Amerikas (ICC Americas).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search