Vaduz

Vaduz

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Liechtenstein Liechtenstein
 Koördinate 47°08′N 9°31′O / 47.133°N 9.517°O / 47.133; 9.517
 Stigting 1322
 Oppervlakte:  
 - Totaal 17,3 vk km
 Hoogte bo seevlak 455 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 Junie 2015) 5 429
 - Bevolkingsdigtheid 288/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Ewald Ospelt (FBP)
 Amptelike Webwerf vaduz.li

Vaduz is die hoofstad van Liechtenstein, die setel van owerhede en die parlement (Landtag) en huisves sedert die jaar 1939 ook die vorstelike hof van Liechtenstein. Vaduz is aan die oostelike Rynoewer aan die voet van die Drie-Susters-bergmassief (Duits: Dreischwesternmassiv) net oos van die grens tot Switserland geleë. Die voormalige boeredorp, wat oorspronklik vir sy eersterangse wyn bekend gestaan het, is vandag 'n besige administratiewe sentrum met 'n uitgebreide banke- en dienstesektor.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search