Vallei van Verlatenheid

Uitsig oor die Vallei van Verlatenheid na Graaff-Reinet se kant.

Die Vallei van Verlatenheid bied een van die skouspelagtigste berguitsigte in Suid-Afrika. Dit is ‘n natuurmonument van besondere geologiese betekenis. Hierdie besienswaardigheid lê 14 km van Graaff-Reinet op die R63 hoofpad na Murraysburg.

Loodregte kranse en hoë dolorietpilare teen die agtergrond van die vlaktes van die Kamdeboo is die gevolg van vulkaniese werking en erosie 150 tot 190 miljoen jaar gelede.

Hierdie besondere stuk bergterrein is in 1935 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Pierneef het dit in een van sy skilderye verewig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search