Varswatervis

Die zeelt is algemene varswatervis in die hele gematigde Eurasië.

Varswatervisse spandeer meeste of al hul leeftyd in varswater, soos riviere en mere, met 'n soutgehalte van minder as 0.05%. Hierdie omgewings verskil op vele maniere van seetoestande, die mees voor-die-handliggende die verskil in soutgehalte. Om in varswater te kan oorleef, moes hierdie visse 'n verskeidenheid fisiologiese aanpassings ondergaan.

41.24% van al die bekende visspesies word in varswater aangetref. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die vinnige spesievorming dat die verspreide habitatte dit moontlik maak. Wanneer damme en mere ter sprake is, kan 'n mens gebruik maak van die dieselfde basiese spesiemodel as met die bestudering van eilandbiogeografie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search