Venda (tuisland)

Venda
Riphabuliki ya Venḓa
Republic of Venda
Republiek van Venda

1979 – 1994
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Shumela Venḓa
Volkslied: Pfano na vhuthihi
Ligging of Venda
Ligging of Venda
Ligging van Venda in Suid-Afrika
Hoofstad Thohoyandou
Taal/Tale Venda, Engels, Afrikaans
Regering Republiek
President Patrick Mphephu (1979–1988)
Frank Ravele (1988–1990)
Gabriel Ramushwana (1990–1994)
Tshamano G. Ramabulana (1994)
Wetgewer Parlement
Historiese tydperk Apartheid
 - Stigting 13 September 1979
 - Weer ingelyf in Suid-Afrika 27 April 1994
Oppervlakte
 - 1994 6 807 km2
2 628 sq mi
Bevolking
 - 1994 skatting 718 207 
     Digtheid 105,5 /km² 
273,3 /sq mi
Geldeenheid Suid-Afrikaanse Rand

Venda was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in die noord-ooste van Suid-Afrika. Dit het 'n oppervlak van sowat 6 807 vierkante kilometer beslaan en bestaan uit twee ingeslote grondgebiede versprei deur die vorige Suid-Afrikaanse provinsie van Transvaal. Die hoofstad van 1979 tot 1994 was Thohoyandou. Die tuisland wat onafhanklikheid van Suid-Afrika verkry het op 13 September 1979[1] was geskep om Vendas van 'n eie land te voorsien.

Na die eerste demokratiese Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994, is die tuisland heringelyf by die Republiek van Suid-Afrika, en wel onder Limpopoprovinsie. Teen daardie tyd het Venda meer as 718 207 inwoners gehuisves.

  1. South African Stamp Colour Catalogue 2010 (S.A.C.C.) bl. 213. Trincada Publishers, Craighall, Johannesburg

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search