Veroudering

'n Ouma en haar kleinkind tydens Nouruz in Koerdistan, Iran.

Veroudering is die proses van ouer word. Die term verwys hoofsaaklik na mense, baie ander diere en swamme, terwyl bakterieë, meerjarige plante en sommige eenvoudige diere potensieel onsterflik is.[1]

By die mens verteenwoordig dit die stelselmatige ophoping van veranderings,[2] wat fisiek, sielkundig en sosiaal kan wees.[3][4] Reaksietyd kan byvoorbeeld met veroudering stadiger raak, terwyl herinneringe en algemene kennis kan toeneem. Veroudering is die grootste bekende risikofaktor vir die meeste menslike siektes: kanker, Alzheimersiekte, diabetes, hartbloedvatsiektes, beroerte en talle ander.[5][6] Van die rofweg 150 000 sterftes wat elke dag wêreldwyd voorkom, is sowat twee derdes verwant aan ouderdom.

Huidige verouderingsteorieë word toegeskryf aan die skadekonsep, waar die ophoping van skade (soos DNS-oksidasie) kan veroorsaak dat biologiese stelsels ingee, of aan die geprogrammeerde verouderingskonsep, waar die interne prosesse (epigenetiese onderhoud soos DNS-metilering)[7][8] inherent veroudering kan veroorsaak.

  1. Smadent.com (2021). "Age Calculator". Smadent. 2 (1). Besoek op 12 Februarie 2021.
  2. Bowen RL, Atwood CS (2004). "Living and dying for sex. A theory of aging based on the modulation of cell cycle signaling by reproductive hormones". Gerontology. 50 (5): 265–90. doi:10.1159/000079125. PMID 15331856. S2CID 18109386.
  3. "Understanding the Dynamics of the Aging Process". National Institute on Aging (in Engels). Besoek op 19 Mei 2021.[dooie skakel]
  4. Prakash IJ (Oktober 1997). "Women & ageing". The Indian Journal of Medical Research. 106: 396–408. PMID 9361474.
  5. Ahmed AS, Sheng MH, Wasnik S, Baylink DJ, Lau KW (Februarie 2017). "Effect of aging on stem cells". World Journal of Experimental Medicine. 7 (1): 1–10. doi:10.5493/wjem.v7.i1.1. PMC 5316899. PMID 28261550.
  6. Renstrom, Joelle (2 Maart 2020). "Is Aging a Disease?". Slate Magazine (in Engels). Besoek op 16 Januarie 2022.
  7. Ghosh S, Sinha JK, Raghunath M (September 2016). "Epigenomic maintenance through dietary intervention can facilitate DNA repair process to slow down the progress of premature aging". IUBMB Life. 68 (9): 717–21. doi:10.1002/iub.1532. PMID 27364681.
  8. Miller, Freda D.; Kaplan, David R. (Februarie 2007). "To Die or Not to Die: Neurons and p63". Cell Cycle. 6 (3): 312–317. doi:10.4161/cc.6.3.3795. PMID 17264677. S2CID 24939720.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search