Victoriameer

Victoriameer

Nasa-Satellietbeeld van die Victoriameer

Kaart van die Victoriameer
Koördinate:1°S 33°O / 1°S 33°O / -1; 33Koördinate: 1°S 33°O / 1°S 33°O / -1; 33
Ligging:Tanzanië, Uganda, Kenia
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:68 800 km² (26 600 myl²)
Gemiddelde diepte:40 meter (130 voet)
Maksimum diepte:83 meter (272 voet)
Volume:2 750 km³ (660 myl³)
Lengte:337 km (209 myl)
Breedte:250 km (160 myl)
Opvangsgebied:184 000 km² (71 000 myl²)
Omtrek:3 440 km (2 140 myl)
Invloei:Kagerarivier
Uitvloei:Wit Nyl
Eiland/e:84
Nedersettings:Bukoba, Tanzanië
Mwanza, Tanzanië
Musoma, Tanzanië
Kisumu, Kenia
Kendu Bay, Kenia
Homa Bay, Kenia
Kampala, Uganda
Entebbe, Uganda
Jinja, Uganda

Die Victoriameer (Engels: Lake Victoria; Swahili: Viktoria Nyanza; Luo: Nam Lolwe; Luganda: Nnalubaale; Nyanza in ander Bantoetale[1]) is een van die Groot Mere van Afrika en die grootste meer in Afrika. Dit lê net suid van die ewenaar.

Kaart van die Groot Mere van Afrika:
Albertmeer (Lake Albert)
Edwardmeer (Lake Edward)
Kivumeer (Lake Kivu)
Kyogameer (Lake Kyoga)
Malawimeer (Lake Malawi)
Mwerumeer (Lake Mweru)
Rukwameer (Lake Rukwa)
Tanganjikameer (Lake Tanganyika)
Turkanameer (Lake Turkana)
Victoriameer (Lake Victoria)
Uitsig oor die meer vanaf Speke Resort in Munyonyo, Kampala, Uganda
Die swart streep dui Stanley se roete aan

Die meer is deur die ontdekkingsreisiger John Hanning Speke in sy verslae Victoriameer herbenoem, na koningin Victoria. Hy was die eerste Brit om dit te dokumenteer. (Daar is sedertdien erken dat die inheemse gidse die naam Nyanza-meer gebruik het om dit aan hom te beskryf.) Speke het dit in 1858 gedoen terwyl hy saam met Richard Francis Burton op 'n ekspedisie was om die bron van die Nylrivier op te spoor. Hierdie ekspedisie is finansieel deur die Royal Geographic Society geborg.

Met 'n oppervlakte van ongeveer 59 947 vierkante kilometer[2][3] is Victoriameer Afrika se grootste meer volgens oppervlakte, die wêreld se grootste tropiese meer,[4] en die wêreld se tweede grootste varswatermeer volgens oppervlakte ná Bowemeer in Noord-Amerika.[5] Volgens volume is Victoriameer die negende grootste kontinentale meer ter wêreld, met ongeveer 2 424 kubieke kilometer se water.[6]

Victoriameer het 'n maksimum diepte van tussen 80 en 84 meter en 'n gemiddelde diepte van 40 meter. Sy opvangsgebied strek oor 169 858 vierkante kilometer.[7] Die meer se oewer beslaan 7 142 kilometer, gedigitiseer teen die 1:25 000-vlak,[8] met eilande wat 3,7% van hierdie lengte beslaan. Die meer se area strek oor drie lande: Kenia (6% of 4 100 vierkante kilometer, Uganda (45% of 31 000 vierkante kilometer en Tanzanië (49% of 33 700 vierkante kilometer).

  1. (en) "The Victoria Nyanza. The Land, the Races and their Customs, with Specimens of Some of the Dialects". World Digital Library. 1899. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op 18 Februarie 2013.
  2. (en) "Shoreline, Lake Victoria, vector polygon, ~2015". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  3. (en) "Lake Victoria Statistics from this Dataverse". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  4. (en) Saundry, Peter. "Lake Victoria". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2016. Besoek op 3 Julie 2014.
  5. (en) "Lake Victoria". Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 27 April 2020.
  6. (en) "Bathymetry TIFF, Lake Victoria Bathymetry, raster, 2017, V7". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  7. (en) Stuart. "Basin, Lake Victoria Watershed (inside), vector polygon, ~2015". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  8. (en) Hamilton. "Shoreline, Lake Victoria, vector line – 2015 – LakeVicFish Dataverse". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search